Vanoggend is ek so diep dankbaar en besef ek net hoe bevoorreg ek is om saam my moeks en dad om die kombuistafel te sit en gesels, sien Covid 19 het ons huis ook getref so paar weke gelede.
Eers het my sussie en my ma siek geword, mens skrik groot, maar in ons harte het ons gebid dat my dad nie moet aansteek nie. Ek dink diep in ons het ons heeltyd gedink, hy moet dit net nie kry nie, met sy geskiedenis van asma, longontsteking meeste jare, sy longe wat nie op die kapasiteit funksioneer wat dit moet nie en boonop het hy ‘n tiepe auto-immune kondisie. Teen daai tyd was daar alreeds baie gebed uit my hart na my God toe dat Hy hulle sal beskerm.
En toe kom die nuus, my dad het begin siek word en is ook positief getoets. Daardie oggend voel ek hoe vrees my oorweldig, en terwyl ek klaarmaak is dit asof ek in my binneste hoor: “Wie het vir jou gesê hulle gaan doodgaan?” En ek weet….satan het my dit kom vertel en satan is ‘n leuenaar. Wag net vir jou om in ooreenstemming met hom te kom.
So het hul albei net al hoe sieker geword, elke dag bel jy met ‘n angstige hart en hoop dat hulle sal sê dit gaan beter, maar dit het nie. Elke keer as ek my ma se stem oor die foon hoor of ‘n voicenote kry trek my keel toe van vrees, want ek kan hoor, daar is nie asem nie. Hulle antibiotika is klaar en die dokter kom nie terug na hulle toe nie…. EKT nie ophou bid nie! God se woord was dit waaraan ek vasgehou het, Sy woord was my anker.
Nog nooit het ek so vrees beleef nie, ekt gebid uit desperaatheid en ek het besef ek vertrou God nie waarlik met die vir wie ek so verskriklik lief is nie. Dis in daardie paar dae wat ek net besef het hoe totaal afhanklik ons van God is van elke asemteug, selfs ek en jy wat vandag gesond is. Ons is “feeble”, “like a vapor in the wind”. Ekt geweet ek moet my ouers vir God gee. God was so getrou, soveel skrif en bevestiging gekry…wat oor en oor uitgestaan het, is “I will deliver” “I will deliver” EKT heeltyd gebid Vader You will deliver them, Vader You will deliver them. In my hart het ek besef ons kan nie langer na ‘n pil of ‘n dokter kyk nie en dink dit sal hulle red nie, ja hulle doen wonderlike werk en help verseker, maar EKT geweet Net God kan hulle help en ek kan NET God vertrou, Ek kan NET my hoop in Hom sit, NET Hy. EKT besef hoe afhanklik ons werklik van God is vir ALLES! Meeste van alles het ek gebid dat die Here se wil bo alles sal geskied.
Dit het op ‘n punt gekom waar my ouers baie baie siek was en die suurstof vlakke baie geval het en toe opgeneem is in die hospitaal. Dit is ‘n getuienis op sy eie. Altwee sê hulle was so bang en nie geweet of hulle daar sal uitkom nie.
My hart breek as ek hoor van mense wat sterf aan die virus, ek verstaan nie, jonges, oues, gesondes … as jy weer hoor is hulle weg. Ek verstaan nie. Maar ek hoop dat ons getuienis vir iemand iets sal beteken. As vrees jou oorweldig…God het die laaste sê, vra God vir skrif en bid daai skrif! Ek dink nie iemand weet wat binne mens aangegaan as so iets met mens se geliefdes gebeur nie.. In my was dit ‘n oorlog, tussen hoop en vrees, my gebede was oorlog teen die donker wat kom roof en steel en verwoes. Ps. 91 was een van die boeke wat ek vasgegryp het! EKT God vasgegryp! Gebid dat Hy my uit Sy skrif sal versterk. EKT gebid dat Hy deur hulle sal asemhaal… En Hy het…Hy het my ouers deurgebring, HE delivered them… ek glo Hy het asem in daai longe geblaas.
So vandag wil ek getuig dat ek die Here se Hand oor my ouers gesien het, ek wil getuig van Sy genade, Sy goedheid, al gaan ons deur die dal van doodskaduwee sal Hy ons NOOIT OOIT los nie.
Ek kyk met ander oë na my Vader, ek loof en prys Hom op ‘n ander manier, iets diep het gebeur in my en ek weet in my ouers ook. Daar is ‘n dankbaarheid in my, dankbaar vir my ouers en ek besef hoe gebless ek is met hulle, hoe kosbaar hulle is vir my.
Vandag wil ek vir God alleen die eer gee vir Sy beskerming en Hand oor my ouers.